Rou Gedig; an Afrikaans Poem.


Rou Gedig
My lief,
Tog sweef jy steeds oor
die voetpaadjies wat
so saggies in my Hart
se senuwees gebeitel
bly.

Ek is ‘n gyselaar
van die wind,
wat gelowig jou woorde
uit die
atmosfeer weef;
en still-still in die
niet se hals
fluister.

‘n klaag Psalm.
Sommer net ‘n
Rou gedig.

Comments