Rou Gedig; an Afrikaans Poem.
Rou Gedig My lief, Tog sweef jy steeds oor die voetpaadjies wat so saggies in my Hart se senuwees gebeitel bly. Ek is ‘n gyselaar van die wind, wat gelowig jou woorde uit die atmosfeer weef; en still-still in die niet se hals fluister. ‘n klaag Psalm. Sommer net ‘n Rou gedig.